


Their
names will never be forgotten
Last Update: 19
January 2021
S.A. TRAWLER HERITAGE
NEWS
South Africa
(last update
19 January 2021)
Namibia
(last update
8 November 2020)
Angola
St.Helena Island
Visit the S.A.
Fisheries Museum


TRAWLER
PROFILES

COMMERCIAL SKI-BOAT
PROFILES

AN EMBLEM OF PROUD
WORKMANSHIP

The sticker above is displayed on the CAT 3412 main engine of the
Cape Town based longliner "Cape Challenger". The sticker "Caterpillar - always brings
you home " is exclusively used by Ritco Marine situated in Brackenfell, who
besides installation work, also service and maintain the machinery onboard the "Cape
Challenger".
"BERGGANS"
GANSBAAI - SEPTEMBER 2019
Hieronder wys "Berggans" en haar bemanning hoe sake eintlik moet lyk as
die see in oorvloed gee, met 'n groot skep Ansjovis wat gevang is
buitekant Gansbaai tydens een van hul trippe gedurende September 2019.
|
"OCEANA CONCORDE" SJOR
IN DIE ANSJOVIS!
DWARSKERSBOS 10 MEI 2019
Afgeneem hieronder op 10 Mei 2019 buitekant
Dwarskersbos is die "Oceana Concorde" besig om Ansjovis in te
pomp tesame met 'n uitbundige bemanning wat die oomblik terdeë geniet.
DIE "GANSE"
GAAN SEE TOE!
Afgeneem hieronder op 28 April 2019 verlaat die "Ganse"
van Gansbaai die hawe, oppad na die Skipskop omgewing tydens 'n periode
van digte mis, om Ansjovis te gaan soek. Nodeloos, sonder enige sukses
het die "Ganse" weer die volgende oggend omstreeks 03:00 vm terug in
Gansbaai gearriveer.
"ATLANTIC LEADER" KOM HUIS TOE
Afgeneem hieronder op 7 April 2019 maneuver die
"Atlantic Leader" tot langs haar lêplek langs die houtkaai in Laaiplek, nadat die skuite die heeldag op die
see vertoef het in digte mis, maar uiteindelik weer leë hande
teruggekeer het huis toe.
DIS
HOE ONS TRAWL!
DEEL 2: DIE SKUITE GOOI
In die video hieronder kan gesien word hoe talle skuite net voor sononder hulle net
uitgooi op skole Ansjovis te vang, asook hoe die nette weer opgetrek word. Daar
kan ook gesien word hoe een of twee skuite waterskuiwe maak, en met leë
hande weer van vooraf moet gaan soek vir vis, deurdat hulle die rigting
waarin die vis geswem het, verkeerd gelees het, en gevolglik het die vis
letterlik onderdeur die skuit ontsnap na oop water.
DIS HOE ONS TRAWL!
DEEL 3: VISPOMP
In die video hieronder kan gesien word hoe 'n
skool van 80 ton Ansjovs droog gemaak word,
en aanboord gepomp word van die "Wildegans II". Daar kan ook gesien word hoe talle ander
pelagiese skuite in die nabyheid ook vis aanboord pomp. In hierdie video
kan ook gesien word hoe die 11de plaag feitlik alles uit hulle pad loop
om te aas in die net.
DIS HOE ONS TRAWL!
DEEL 4 : ONS TRAWL IN DIE DONKER NAG
In die video hieronder kan gesien word hoe daar gewerk word
gedurende die middernagtelike ure aanboord van 'n pelagiese skuit. Hou
ingedagte dat dekligte eers aangeskakel word alvorens die beursnet "toegetrek"
is - so nie, skrik die vis vir enige dekligte wat brand, en sal die vis
dus onmiddelik afsak na dieper water en onderdeur die net ontsnap na oop
water. Dis juis gedurende die donker nag waar 'n pelagiese
bemanning hulle ware vaardighede ten toon stel om die net weer in die
stikdonkerte aanboord te kry.
"TOWERKOP"
3 MAART 2019
In die video hieronder
maak die "Towerkop" van Laaiplek 'n gooi op 'n skool Ansjovis net
buitekant Gansbaai op 3 Maart 2019, waarna die skuit Gansbaai nuwehawe
binnevaar vir 'n kort ruskansie voordat die skuite weer later die middag
gaan vis vang het in Walkerbaai.
GANSBAAI 3
MAART 2019
DEEL 1:
In die video hieronder
gooi talle besoekende pelagiese skuite afkomstig vanuit die Weskus op
skole Ansjovis in die Gansbaai omgewing, waaronder "Oceana Neptune", "Nossob",
"Atlantic Leader" en "Adenia". Dis geen geheim dat "Adenia" een van ons
mees geliefde staalskuite in die vloot is nie, maar het julle al ooit
"drifting" op die see gesien? Aan die einde van die video bring oom
Ridus vir "Adenia", Gansbaai se hawe binne met 'n "drifting maneuver"
wat enige Rally Cross renjaer op sy neus sal laat kyk...Wonder of oom
Ridus handtekeninge uitdeel?
GANSBAAI
3 MAART 2019
DEEL 2:
In die video hieronder
baljaar die "Ganse" van Gansbaai en talle besoekende pelagiese skuite
afkomstig vanuit die Weskus op skole Ansjovis onder in die Plaat. As
mens egter so luister na die skippers se radiogesprekke en dit vergelyk
wat voor mens op die see afspeel, met skuite wat oorhel na stuurboord en
spook met honderde tonne Ansjovis in die net, en skuite wat sommer
drie-drie langs mekaar bo-lyne weggee, sou mens nooit dink dit was op
dieselfde dag opgeneem nie. In hierdie video is talle skuite wat met die
eerste gooi vol gevang het, en weer dadelik na hul onderskeie fabrieke
vertrek het om te gaan aflaai, terwyl ander skuite weer ongelooflike
"bad-luck" gehad het met nette wat afbars, vispompe wat nie wil werk nie,
gebarste hidrouliese Triplex lyne, waterskuiwe gegooi het, en
selfs een skuit wat ontdek het hulle vispomp se pyp is te kort om onder
in net se skep te kon bykom. Trawler Heritage moet die crew vooraf
waarsku dat hierdie video nie vir sensitiewe ore bedoel is nie.
GANSBAAI 4 MAART 2019
In die video hieronder is
verskeie pelagiese skuite wat terugkeer na Gansbaai of, wat oppad is na
Romansbaai om daar anker te gaan gooi om te skuil vir die dag.
|
SANDY POINT 14 JULIE 2019
Afgeneem hieronder op 14 Julie 2019 is 'n seleksie
van pelagiese skuite wat vertrek het uit Sandy Point hawe in digte mis
na die Yzerfontein omgewing in hul soeke na Ansjovis. Nodeloos, sonder
enige sukses het die vloot later gedurende die nag omgedraai en na beter
weivelde gaan soek in die Elandsbaai-Lambertsbaai omgewing, voordat daar
weer teruggekeer is huis toe die volgende dag.
"SECHABA" LAAI NET 14 JULIE 2019
Afgeneem hieronder op 14 Julie 2019 in Sandy Point
hawe is die bemanning van die "Sechaba" besig om hul Ansjovisnet
aanboord te trek, waarna die skuit onmiddelik weer vertrek het na die
Yzerfontein omgewing om Ansjovis te gaan vang.
"TOWERKOP" 14 JULIE
2019
Afgeneem hieronder op 14
Julie 2019 vertrek die "Towerkop" vanuit Saldanhabaai hawe om Ansjovis
te gaan vang in die Yzerfontein omgewing.
LAAIPLEK 15 JULIE 2019
Afgeneem hieronder op 15 Julie 2019 is 'n seleksie van pelagiese skuite
wat na die Bergrivier terugkeer nadat die skuite alreeds die vorige
oggend vertrek het na die Yzerfontein omgewing in hul soeke na Ansjovis.
Nodeloos, sonder enige sukses het die vloot omgedraai en na beter
weivelde gaan soek in die Elandsbaai-Lambertsbaai omgewing, voordat daar
weer teruggekeer is huis toe.
"VEGKOP" 15 JULIE 2019
Afgeneem hieronder op 15
Julie 2019 vaar die "Vegkop" stroom-op die Bergrivier binne, volgelaai
met 'n vrag Ansjovis.
SANDY POINT
15 JULIE 2019
Gedurende die vroeë
oggendure van 15 Julie 2019 het twee liedjies weergalm oor die lugweë
in die Agterbaai, terwyl 'n onbekende skipper/stuurman die "mic" se
knoppie ingehou het. Trawler Heritage het 'n nota gemaak van daardie
liedjies en beide gebruik in die maak van hierdie musiekvideo hieronder wat geneem was op
15 Julie 2019 in Sandy Point hawe van die pelagiese skuite wat terugkeer
huis toe.
SANDY POINT
21 JULIE 2019
Afgeneem hieronder op 21
Julie 2019 is 'n seleksie van pelagiese aksie in Sandy Point hawe
gedurende daardie dag.
|
TJOKKA-VANGERS
VAN DIE OOSKUS
Afgeneem hieronder
aanboord van 'n Ooskus tjokka-skuit, is die tjokka-vangers in aksie.
WESKUS
TUNAPAAL BONANZA
NOVEMBER 2019
Terwyl die hele
Suid-Afrika gereed gemaak het vir 'n rugbywêreldbeker finaal, was ons
tunapaal kampioene ter see buitekant Saldanhabaai doenig in ongure
seetoestande. In hierdie video wys die tunapaal kampioene vir ons hoe
dinge nou eintlik gedoen moet word as die vis rêrig begin byt!
|
WELKOM TERUG "AMALIA"!
Afgeneem hieronder op 23
November 2019 vertrek die "Amalia" vanuit die Kaapse Dokke na
Saldanhabaai nadat die skuit einde ten laaste toestemming gegee is om te
mag vasmaak in 'n Suid-Afrikaanse hawe, nadat die skuit vir meer as 'n
maand lank soos 'n wegloophond behandel was en op anker moes lê
buitekant die Kaapse Dokke voor Milnertonstrand. Van hier af vorentoe
gaan daar weer gepoog word om die "Amalia" op die Suid-Afrikaanse
skeepsregister te registreer, en Trawler Heritage sal die crew op hoogte
hou rakende die jongste verwikkelinge om die "Amalia" weer deel van die
trotste vissersvloot ter wêreld te maak - het julle gehoor SAMSA?
SALDANHABAAI - 17 AUGUSTUS 2019
So krap Trawler Heritage
in 'n focsle laaitjie rond die ander dag en kom toe af op 'n "stick" met
videomateriaal daarop van 'n Saldanhabaai uitvaart.
Afgeneem hieronder op 17 Augustus 2019 is 'n seleksie van pelagiese skuite
wat vanuit Saldanhabaai hawe vertrek, suid-waarts in die rigting van
Houtbaai om Ansjovis te gaan soek het.
ANGOLA -
2019 PELAGIESE SEISOEN
Die video hieronder bevat
unieke beeldmateriaal van ons Trawlkampioene in aksie in Angolese
viswaters gedurende die 2019 pelagiese seisoen.
|
GOOD-LUCK
"LEONTINA
MARIA"!
SUID-AFRIKA SE NUUTSTE
STOKVISLANGLYNBOOT
ARRIVEER IN PEPERBAAI
Afgeneem
hieronder op Vrydag 29 November 2019 is die nuutste toevoeging tot die trotste
vissersvloot ter wêreld, die nuwe stokvislanglynboot genaamd "Leontina
Maria" by aankoms in Peperbaai, vanwaar dit vervoer was vanaf die Sachal
skeepswerf in Vredenburg.
Afgeneem
hieronder op Saterdagoggend 30 November 2019 word die "Leontina Maria" ter water gelaat in Peperbaai.

|
GOOD-LUCK "SARABI"!
SUID-AFRIKA SE NUUTSTE
TJOKKA SKUIT WORD TER WATER
GELAAT IN PEPERBAAI
Afgeneem
hieronder op Woensdag 27 November 2019 in die strate van
Vredenburg en Saldanhabaai is die nuwe 68 voet tjokka skuit genaamd "Sarabi",
onderweg vanaf die Sachal skeepswerf na Peperbaai vir die ter water
lating. Baie dankie aan elke crewman en vrou, wat 'n bydrae gelewer het in die verfilming van hierdie geskiedkundige oomblik
van ons trotse visbedryf.

|
.
|
ONS
Sê DANKIE VIR DIE VIS
Heer, aan die einde van die
seisoen sê ons dankie vir die voltooiing van nog
'n suksesvolle pelagiese seisoen. Alhoewel ons vissermandienste hou aan die
begin van elke seisoen, word daar egter nooit 'n vissermandankdiens gehou
waartydens ons kan dankie sê vir oorvloedige vangste, die behoud van die trotste
pelagiese vloot ter wêreld, die bemannings, fabriekspersoneel, verskaffers en
selfs die wat die kosmandjies voorberei nie. Amen.



GOOD-LUCK
"EASY RIDER"!
Pictured below on 16 January 2021 is the latest edition to join
the Hout Bay tuna pole fleet, the "Easy Rider" which was completed by
C-Craft towards the end of 2020.

"Easy Rider", nou watse naam vir
'n skuit is dit hierdie? Sal ons ooit weer 'n era
beleef
met mooi skuit name soos "Christiaan De Wet", "Fleur", "Republiek Stêr",
"Tahiti", "Brazil", "Gelderland", "Restless Wave", "Stormy Weather" en
"Monte Carlo"? Waarskynlik nooit weer nie...
WAT
HET "STEENBRASDAM" EN
IRON MAIDEN IN GEMEEN?
Afgeneem hieronder op 28
Desember 2020 in Saldanhabaai lê die "Steenbrasdam" langs die "Corona
II" skuus, ek bedoel "Carlota II". Hoe meer Trawler Heritage na die
naamletters van die "Steenbrasdam" kyk, hoe meer wonder mens of die
skuitverwer na Iron Maiden geluister het deur sy oorfoontjies, terwyl hy
besig was om die skuit se naam te geskilder het? Dalk die liedjie
genaamd "Rime of the Ancient Mariner"? Daar is egter ooreenkomste te
bespeur in die fatsoene van die "Steenbrasdam" se naamletters en die van
Iron Maiden se logo.

Alhoewel die musiek van Iron
Maiden terug dateer vanuit 'n era toe Trawler Heritage nog in sy "pram"
in die hawe gesit het, is daar egter nog 'n Iron Maiden liedjie wat my
na aan die hart lê wanneer die "elfde plaag" oor die bo-lyne glip
genaamd "Be quick or be dead"...Kom ons stop eers net hierso en haal die
skuit uit "gear-uit", net voordat Trawler Heritage verdink word van
aanhitsing tot geweld...


ONS SKUITE VERJAAR!
Januarie-maand is normaalweg maar 'n stil tydperk op enige
skeepswerf en
gevolglik
is daar hierdie maand slegs 'n handjievol skuitverjaarsdae om
te vier.
(Die skuite se
onderskeie ouderdomme word hieronder aangetoon in hakies.)
Ocean Hercules (2)

Elenga Bay (21)

Lobelia (51)
Highland Queen (53)
Lisa Ann (68)

|
"LOCQUERAN" WORD GETREF
DEUR 'n FRATSBRANDER
10
OKTOBER 2020
Die video
hieronder bestaan uit verskeie kameraskote soos gesien vanaf die
kringtelevisieskerm aanboord van die stokvis sleeptreiler, die "Locqueran"
van Port Elizabeth. Die "Locqueran" het op die oggend van 10
Oktober 2020 op 'n erkende ankerplek gelê buitekant Port
Elizabeth vanwaar die skuit geskuil het teen die heersende
weste-weer, toe die weer skielik omgeswaai het na suide-weer.
Die skipper van die "Locqueran" maak reeds jare gebruik van
hierdie ankerplek en het nog nooit voorheen iets soortgelyks
beleef nie - hier het immers sedert die onstaan van planeet
aarde nog nooit 'n brander gebreek nie, en sedertdien ook nie
weer nie. In die video hieronder kan daar gesien word hoe die
fratsbrander letterlik bo-oor die skuit breek waarna visbakke en
swemboeie oorboord gespoel word. Daar sal opgelet word hoe die "Locqueran"
skerp oorhel na stuurboord direk na die impak van die
fratsbrander vanweë die vis en ys wat geskuif het binne-in die
visruim.
Laat hierdie video nou
'n afskrikmiddel wees vir daardie crewmanne wat nie glo aan die
dra van 'n reddingsbaadjie wanneer hulle nonchalant op die skuit
se whaledek en shelterdek rond loop nie. Soos julle kan sien
staan niemand 'n kans teen die aanslag van 'n fratsbrander wat
uit die niet op 'n skuit afpeil nie. Tot 'n volgende keer,
veilig wees.
Alhoewel daar geen
tsunami waarskuwings uitgereik was nie, wonder Trawler Heritage
egter of hierdie fratsbrander nie die agterskot was van 'n
aardbewing wat plaasgevind het in die Suid-Atlantiese Oseaan
waarvan die naskokke in Kaapstad gevoel is twee of drie dae
vantevore nie? |
"BERGGANS" & "BORDERER"
OKTOBER 2020
Die video
hieronder bestaan uit drie verskillende dele wat geneem is
gedurende Oktober 2020 van die "Berggans" en "Borderer". In die
eerste deel swem 'n skool tornyne saam in die boegbrander van
die "Berggans". In die tweede deel is 'n jaagtog
vanwaar die skuite diep onder in Walkerbaai moes omdraai en
terug vaar in die rigting van Romansbaai,
vanwaar sommige ander skuite vis opgespoor het en alreeds besig
was om te gooi. In die derde deel kom die "Borderer" om Gansbaai
se langmuur aan, volgelaai met 'n vrag sardyne met gepaardgaande sterkwater.
|
HOUTBAAI
15 SEPTEMBER 2020
Afgeneem
hieronder op 15 September 2020 is 'n seleksie van pelagiese
skuite wat vanuit Houtbaai vertrek om Ansjovis te gaan soek.
|
HOUTBAAI
17 SEPTEMBER 2020
Afgeneem
hieronder op 17 September 2020 is 'n seleksie van pelagiese
skuite wat vanuit Houtbaai vertrek om Ansjovis te gaan soek.
|
"STAR
CREST"
THE STAR OF THE FLEET
Dit is onafwendbaar dat
die pelagiese staalskuite soos ons hulle vandag ken mettertyd
uitgefaseer sal word, en net soos die houtskuite deel sal vorm
van 'n vergete era in ons visbedryf. Een van hulle is die "Star Crest",
wat eens op 'n tyd deur die Noorweërs in die lewe geroep was,
getem is deur die Skotte, waarna die Suid-Afrikaners haar verder
herbou het tot 'n formidabele visvangmasjien. Waar die "Star
Crest" haar ookal bevind het oor die jare heen, word sy hoog
aangespreek deur die wat met haar gewerk het sowel as die wat haar
in aksie gesien het. In die video hieronder bring ons hulde aan
"Star Crest" wat
saamgestel is uit beeldmateriaal oor die laaste 17 jaar vir die
tydperk 2003-2020.
|
"TOWERKOP" KOM HUIS TOE
LAAIPLEK 12 SEPTEMBER 2020
Afgeneem
hieronder op 12 September 2020 vaar die "Towerkop" die
Bergrivier binne met visruime gevul met Ansjovis wat buitekant
Melkbosstrand gevang was.
|
"NOORDEVELD,
EK LAAIK JOU SOOS JY IS"
(MET 'n HOLD VOL VIS)
12 SEPTEMBER 2020
Afgeneem
hieronder op 12 September 2020 verlaat "Noordeveld" Sandy Point
hawe om 'n vrag Ansjovis te gaan aflaai in Stompneusbaai wat
buitekant Melkbosstrand gevang was.
|
SANDY POINT : DEEL 1
12 SEPTEMBER 2020
Afgeneem
hieronder op 12 September 2020 is 'n seleksie van pelagiese
skuite wat arriveer in Sandy Point hawe, party was nog oppad
terug van die see af, terwyl ander oppad was om by naburige
fabrieke te gaan aflaai, terwyl ander weer die hawe binnevaar
nadat hul klaar afgelaai het.
|
SANDY POINT : DEEL 2
12 SEPTEMBER 2020
Afgeneem hieronder op 12
September 2020 is 'n seleksie van pelagiese skuite wat vanuit
Sandy Point hawe vertrek om Ansjovis te gaan soek in die baai.
|
DIE
SKUITE GAAN SEE TOE!
HOUTBAAI 22 AUGUSTUS 2020
Afgeneem
hieronder op 22 Augustus 2020 is 'n seleksie van pelagiese
skuite wat vanuit Houtbaai vertrek om Ansjovis te gaan soek.
|
"RENJA"
TER WATER LATING
14 AUGUSTUS 2020
Afgeneem
hieronder op 14 Augustus 2020 is die amptelike ter
water lating video van "Renja", die nuutste toevoeging
tot die trotste vissersvloot ter wêreld, wat plaasgevind het by Yachtport
in Saldanhabaai.
PROJEK"RENJA"
2017 -
2020
In die video
hieronder word die konstruksiefase uitgebeeld van Projek "Renja"
vanaf die aanvanklike bou van 'n half-model gedurende 2017 tot
en met die voltooiing van die projek gedurende Augustus 2020 wat
op Yzerfontein geskied het. Die "Renja" is die eerste plaaslike
vervaardigde staalrompvissers-skuit in Suid-Afrika in
bykans
twee dekades sedert die voltooiing van die "Intrepid" gedurende
2000.
"RENJA" GAAN SEE
TOE!
5 AUGUSTUS 2020
Afgeneem
hieronder op 5 Augustus 2020 word die "Renja" padlangs vervoer
vanaf Yzerfontein na Saldanhabaai, vanwaar die amptelike ter
water lating op 'n latere stadium sal plaasvind.
|
DIE KREEFSKUITE KOM HUIS TOE
KALKBAAI 25 JULIE 2020
Afgeneem
hieronder op 25 Julie 2020 is 'n seleksie van kreefskuite wat
terugkeer na Kalkbaai hawe vanaf die kreefgronde van Kaappunt en
Hangklip, en terselfde tyd Kalkbaai se hawe op horings neem...
|
DIE KREEFSKUITE KOM HUIS TOE
KALKBAAI 1 JULIE 2020
Afgeneem
hieronder op 1 Julie 2020 is 'n seleksie van kreefskuite wat
terugkeer na Kalkbaai hawe vanaf die kreefgronde van Kaappunt en
Hangklip.
DIE KREEFSKUITE KOM HUIS TOE
KALKBAAI 23 JUNIE 2020
Afgeneem
hieronder op 23 Junie 2020 is 'n seleksie van kreefskuite wat
terugkeer na Kalkbaai hawe vanaf die kreefgronde van Kaappunt en
Hangklip.
|
GOEIE MôRE SUID-AFRIKA!
EN IN DIE HOOFNUUS
VANOGGEND...
ONS VANG VIS,
SOMMER BAIE VIS!
"MIZPAH" & "ADENIA" -
7 APRIL 2020
"ELANDSBERG"
GAAN SLIP TOE
24 APRIL 2020
"BERGGANS" & "WAFRA" -
19 APRIL 2020
"MIZPAH" -
26 APRIL 2020
"ADENIA" GEE BO-LYNE WEG
28 APRIL 2020
"WILDEGANS II" GEE BO-LYNE WEG
19 APRIL 2020
DIE TROTSTE PELAGIESE
VLOOT TER WêRELD!
Die video hieronder word
opgedra aan elkeen wat deel vorm van die trotste pelagiese vloot ter
wêreld. In hierdie video word die room van ons pelagiese visbedryf
uitgebeeld en kon daar nie plek gevind word vir leë skuite of
waterskuiwe nie.
|
|
|